Voormalige wêreldkampioen-fietsryer Rohan Dennis gevonnis ná vrou se dood

Lees ook :

Foto: X

AUSTRALIЁ. – Die voormalige wêreldkampioen-fietsryer en Olimpiese Spele-wenner, Rohan Dennis, is ’n opgeskorte vonnis van twee jaar opgelê vir die dood van sy vrou, Olimpiese Spele-wenner Melissa Hoskins.

Dennis het skuldig gepleit op een klagte dat hy ’n situasie geskep het wat skade sou veroorsaak ná hy en Hoskins in 2023 in ’n argument buite hulle huis betrokke was. Dennis en Hoskins was in ’n argument oor ’n kombuisopknapping toe Dennis wou wegry en Hoskins aan die motor vasgehou het om hom te probeer keer.

Die regter het gesê Dennis het nie sy vrou se veiligheid in ag geneem nie, maar was nie krimineel verantwoordelik vir haar dood nie. Hy het verder gesê hy verstaan dat Dennis die argument wou stop deur weg te ry, maar dat dit nie sy optrede verskoon nie. Hy het gesê: “Dit was jou verantwoordelikheid om die voertuig te stop toe dit gevaarlik raak vir haar. Die feit dat jy nie gestop het nie, want jy wou wegkom, is ’n slegte rede om nie die voertuig te gestop het nie”.

Hoskins het op die motor gespring, maar Dennis het nog 10 sekondes aanhou ry. Sy het by ’n kruising afgeklim en die deur van die bewegende motor oopgemaak, maar Dennis het die deur toegeslaan en weggejaag. Hoskins het nog aan die voertuig vasgehou toe hy weggejaag het, wat veroorsaak het dat sy afgeval het. Sy is later in die hospitaal oorlede.

Bronne: BBC, SuperSport, The New York Times

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief