Die Spaanse buitelandse minister het verklaar dat Botswana die veiligste land is vir reis in Afrika.
Lees ook: Ramaphosa en Trump se vergadering vir Woensdag bevestig
Volgens Spanje se assessering vir buitelandse reisvoorstelle is Botswana die veiligste land om in Afrika te besoek.
Soedan, Eritrea, die Republiek van Sentraal-Afrika en Somalië is op die kaart se swartlys geplaas as die gevaarlikste lande vir reis in Afrika.
Suid-Afrika, Kameroen en die Ivoorkus word as ’n gevaarsone beskou en mense is aangemoedig om die lande te vermy.
Botswana het ’n reputasie as een van die veiligste lande in Afrika sedert dit in 1966 onafhanklik geraak het. Dit is ook een van die lande wat die laagste korrupsiesyfer het in die jaarlise indeks van Transparency International.
Volgens die assessering is Botswana, ’n paar Europese lande, Japan en Suid-Korea bestemmings met ’n minimale moontlikheid van terrorisme of ander gevaar.
Bronne: Euronews, Brussels Reporter, Yahoo News
Lees ook: Ramaphosa en Trump se vergadering vir Woensdag bevestig





