Polisie sê egpaar in vliegongeluk was onderweg huis toe

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie aircraft.com

MPUMALANGA. – Quentin (39) en Lizette (38) Steyn was Sondag op pad huis toe, toe hulle ligte vliegtuig omstreeks 16:00 naby die Botshabelo-vliegveld in Middelburg geval het.

Lt.kol. Jabu Ndubane sê volgens inligting tot die polisie se beskikking was die egpaar onderweg van Nelspruit na Middelburg, waar hulle gewoon het. Die polisie is saam met ander betrokke rolspelers na die ongelukstoneel ontbied waar die vliegtuig nog aan die brand was en die twee slagoffers onherkenbaarheid verbrand.

Die oorsaak van die ongeluk is in hierdie stadium nog onbekend. Lugvaartowerhede is gekontak en ’n ondersoek is aan die gang om die omstandighede rondom die voorval vas te stel.

Lees meer hier onder:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief