WES-KAAP. – Die saak in die Kaapstad-landdroshof teen Phillip Sebelo Masango (27), wat aangekla word van aanranding en ‘n dreigement om die president van die Republiek van Suid-Afrika en die burgemeester van Kaapstad te vermoor, is Maandag vir verdere ondersoek tot 2 Junie uitgestel.
Dit is volgens Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG in die provinsie.
Volgens brig. Thandi Mbambo, woordvoerder van die Valke, is Masango Vrydag deur die eenheid vir misdade teen die staat in Germiston in hegtenis geneem. Die hoof uitvoerende beampte van ‘n Kaapstad-gebaseerde maatskappy het ‘n saak aangemeld, nadat Masango glo vir haar stemboodskappe sou stuur waarin hy haar, haar gesin, die president en die uitvoerende burgemeester van Kaapstad gedreig het. Ná Masango in hegtenis geneem is, is hy na Kaapstad geneem om op ‘n aanklag van intimidasie in die hof te verskyn.
Lees ook hier onder:
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





