NG Kerk se ekologietaakspan spring by die diepkant in

Lees ook :

Deur Helene Meissenheimer vir Kerkbode

Groen spiritualiteit moet vloei soos water in alles wat die kerk doen. Só meen dr Barry Tolmay, wat einde Mei die eerste samekoms van die eerste permanente ekologietaakspan van die Algemene Sinode van die NG Kerk help reël het. Heléne Meissenheimer berig uit Durban. 

Vir Tolmay sluit die opdrag om jou naaste lief te hê ook liefde vir die aarde in en hy kon kwalik ’n mooier vergaderplek gekies het vir die eerste kenmekaar. Op 28-30 Mei het taakspanlede op Ballito noord van Durban saamgetrek (boonop enkele dae voor Wêreldomgewingsdag, 1 Junie).

Die nuwe taakspan sal fokus op praktiese leiding op gemeentevlak. Soos dr Nioma Venter dit aan taakspanlede gestel het, “die vraag wat julle hier moet beantwoord is hoe gaan julle gemeentes help?” Sy is as algemene sekretaris van die NG Kerk verantwoordelik om al die kerk se taakspanne se werksaamhede te koördineer en met mekaar te belyn.

Wat sê die Bybel?

Op die taakspan se agenda met hierdie eerste ontmoeting: “Wat sê die Bybel oor God se ekologie?” Die program het ook ’n stewige dosis ervaringsleer ingesluit. Dit het gefokus op waterbesoedeling en plastiek en het ’n “veldlesing” ingesluit deur ’n omgewingskundige by een van die stroompies wat in die Umgenirivier invloei. Daarna het ’n besoek aan die riviermond en Durban se hawe gevolg. Die hoogtepunt was ’n oopsee-snorkelsessie saam met ’n marienebioloog.

Agt predikante, wat sover sewe van die kerk se nege sinodale streke verteenwoordig, dien op hierdie taakspan. Hulle werksaamhede vloei uit ’n opdrag wat afgevaardigdes aan die kerk gegee het tydens die sitting van die Algemene Sinode (AS) in 2023, naamlik dat ’n permanente taakspan vir ekologie aangewys word met die taak om ’n teologiese raamwerk rondom ekologie op te stel “waaruit die kerk (sinodes en gemeentes) gehelp kan word om binne hulle spesifieke konteks teologies verantwoordelik met die omgewing te kan omgaan” (soos verwoord in die notule van die Algemene Sinode van 2023).

Taakspanlede: Jonk maar nie groen

Sommige taakspanlede het jare se ervaring op hulle sinodale “groenspanne”. Ander kom uit sinodes sonder sulke taakspanne. Die meeste is boonop nog relatief jonk in die bediening, maar hy is opgewonde oor die energie wat hulle bring, het Tolmay, tans in sy tweede termyn as moderator van KZN-sinode, gesê.

Hy het twee doelwitte vir die taakspan se eerste ontmoeting gestel: die bou van goeie verhoudings en ’n belewenis van waaroor die taakspan se werk gaan. Die teologie van ekologie gaan vir hom oor ’n geleefde spiritualiteit. “Dit maak my opgewonde oor die kerk … met ekologie kan die kerk deel van die antwoord wees vir die land se uitdagings. Dit moenie apart staan van enigiets wat ons in die kerk doen nie,” het Tolmay, ’n missionale professor met wydlopende ervaring in die sakewêreld, gesê.

LEES DIE VOLLE ARTIKEL OP KERKBODE HIER


Vriende van Kerkbode

Ons vertel gemeentes se stories, bied lesers ’n platform om saam te gesels, en hou lesers op hoogte van kerknuus. Kerkbode se digitale reikwydte vergroot al vir talle jare deur woord, video en ons podsending, Kollig. Wanneer jy Kerkbode lees, bevorder jy verdraagsaamheid en die vreedsame uitruil van inligting en menings.

Wil jy meer lig as hitte die wêreld instuur?

Jou ondersteuning dra by tot meer konstruktiewe godsdienstige diskoers in die kerk. Wees gerus dat jou bydraes met sorg aangewend word tot die voortsetting van betroubare kerknuus.

Kliek HIER en word vandag ’n vriend van Kerkbode.


Nuusflits publiseer advertensies en geborgde inhoud vir bemarkingsdoeleindes. Die sienings en aansprake wat in advertensies geuiter word, weerspieël nie die standpunte van Nuusflits, sy redaksie, of enige van sy affiliasies nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief