Die Suid-Afrikaanse weerdiens het verskeie weerwaarskuwings vir vandag uitgereik. Een van die kouefronte begin vandag en sal sneeu, reën en erge wind meebring.
Lees ook: Kouefronte begin Donderdag
’n Geel vlak 4-waarskuwing vir erge reën en oorstromings is vir die Wes-Kaap en dele van die Noord-Kaap uitgereik.
’n Geel vlak 1-waarskuwing vir erge donderstorms is vir dele van die Noord-Kaap en Oos-Kaap uitgereik, sowel as ’n geel vlak 1-waarskuwing vir erge wind vir dele van die Vrystaat en Noord-Kaap.
Reën is voorspel oor die grootste deel van die land en sneeu word vir hoogliggende gebiede voorspel.
Troeteldiere moet binnenshuis gehou word indien moontlik.
Bronne: SAWD
Lees ook: Kouefronte begin Donderdag





