Voormalige polisiekonstabel vir verskeie inbrake tronk toe

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – Thanduxolo Kwindla (38), ’n voormalige polisiekonstabel, is deur die De Aar-streekhof effektief tot agt jaar direkte gevangenisstraf gevonnis nadat hy op vier aanklagte van inbraak met die opset om te steel en diefstal skuldig bevind is.

Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring Kwindla het uit die polisie bedank kort voor hy tussen Augustus 2021 en April 2023 inbrake in die Nonzwakazi-gebied, waar hy gewoon het, gepleeg het. Hy het snags ingebreek en waardevolle items gesteel om ’n dwelmverslawing te onderhou. Die gesteelde items word op sowat R35 000 geskat. Hy is op 23 April 2023 in hegtenis geneem en was in aanhouding totdat die saak afgehandel is.

Xolisa March, die staatsaanklaer, het tydens vonnisoplegging beklemtoon hoe ernstig en algemeen inbrake in die gebied is en gesê dat Kwindla as voormalige wetstoepasser die publiek se vertroue verraai het. Twee slagoffer-impakverklarings is ook aangehoor. Die hof het Kwindla se persoonlike omstandighede erken, maar die erns van sy misdade en hul uitwerking op slagoffers en die gemeenskap beklemtoon.

Kwindla is tot drie jaar gevangenisstraf op elk van die vier aanklagte gevonnis, wat gelyktydig uitgedien moet word.

Die NVG het die vonnis verwelkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief