Katar se soektog na vermiste persone en menslike oorskot duur voort ná Israel-aanval

Lees ook :

Katar se soektog na vermiste mense en menslike oorskot duur voort ná Israel se aanval fotokrediet: Canva

KATAR. – Katarse owerhede het gesê ‘n soektog na twee vermiste persone en menslike oorskot duur voort ná Israel se aanval Dinsdag op Hamas-leiers in Doha.

Lees ook: Israel val Hamas-leierskap in Katar aan

Volgens die owerhede is hulle besig om die menslike oorskot van die oorledenes uit te ken. Tot dusver is drie van die vyf oorledenes uitgeken. Menslike oorskot is in verskeie dele van die residensiële gebou, wat in die aanval geteiken is, gevind.

Hamas het gesê Israel se aanval het nie die lede van die onderhandelingspan vir ‘n vredesooreenkoms gedood nie, maar vyf ander Hamas-lede. Die lede wat oorlede is, sluit in die seun van Khalil al-Hayya, die hoofonderhandelaar, die direkteur van Hayya se kantoor, en drie lyfwagte. Dit is onbekend wat met Khalil al-Hayya gebeur het.

Sommige Israeliese weermaglede het glo gesê die aanval was nie so “suksesvol soos wat voorheen gedink is nie” en dat “die Hamas-leiers moontlik in ‘n ander gebou was”.

Bronne: BBC, CNN, NPR

Lees ook: Israel val Hamas-leierskap in Katar aan

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief