‘n Pa van Empangeni het op 23 September die boerpot van R69 284 942.70 met PowerballPlus gewen. Hy het R45 bestee en self die nommers gekies.
Lees ook: Powerball-boerpot vir Vrydag staan op R130 miljoen
Hy het gesê hy is nog oorweldig deur die wen en die geld beteken nie net finansiële vryheid nie, maar is ook ‘n seëning vir sy kinders. Die pa het gesê hy en sy vrou moes hulle kinders in ‘n gehuurde huis grootmaak en hulle gaan nou ‘n huis koop en seker maak hulle kinders het ook ‘n huis. Hulle “kan nou hulle drome volg sonder om bekommerd te wees dat die kinders vir hulle moet sorg”.
Hy het gesê hy gaan sy ma na ‘n vyfsterhotel neem en dat hy en sy vrou van plan is om te reis. Hy het gesê hy gaan aanhou werk.
Bronne: National Lottery
Lees ook: Powerball-boerpot vir Vrydag staan op R130 miljoen





