VSA, WASHINGTON. – President Donald J. Trump het aangekondig dat die VSA Nigerië as ’n “country of particular concern” bestempel weens die vermeende vervolging en massamoord op Christene. ‘n Ondersoek met ‘n aanbeveling vir reaksie is dringend gevra.
In ‘n sosialemediaplasing sê dié president: “The United States cannot stand by while such atrocities are happening in Nigeria, and numerous other Countries. We stand ready, willing, and able to save our Great Christian population around the World!”
Hy het die situasie beskryf as massamoord en wetgewers versoek om vinnig na die saak te kyk en aanbevelings te maak oor moontlike ‘n reaksie, insluitend die gebruik van die 1998 International Religious Freedom Act om ekonomiese of diplomatieke maatreëls te oorweeg.
Volgens NewsWeek het die Nigeriese regering die bewerings ontken en beklemtoon dat alle burgers beskerm word, ongeag godsdiens, en dat geweld in sommige dele van die land komplekse oorsake het.





