Dick Cheney op 84 oorlede

Lees ook :

Dick Cheney op 84 oorlede fotokrediet: X

VSA. – Richard (Dick) Bruce Cheney, die 46ste visepresident van die VSA, is 3 November 2025 in die ouderdom van 84 oorlede.

Lees ook: Meer as 60 dood toe tifoon ‘Tino’ die Filippyne teister

In ‘n verklaring deur sy familie is dit bevestig die voormalige visepresident van die VSA is oorlede aan komplikasies van longontsteking en kardio- en vaskulêre siektes.

Cheney was die Withuis se stafhoof vir president Gerald Ford, die Wyoming-kongreslid onder die Republikeinse leierskap en die sekretaris van verdediging vir president George G W Bush. Hy was daarna vir agt jaar die visepresident vir die jonger president George W. Bush.

Pres. George G W Bush het Cheney as “a decent and honourable man” beskryf. Cheney was die laaste jare ‘n skerp kritikus van die huidige president, Donald Trump.

Bronne: BBC, CNBC, USA Today

Lees ook: Meer as 60 dood toe tifoon ‘Tino’ die Filippyne teister

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

2 Responses

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief