INTERNASIONAAL. – Mej. Mexico, Fatima Bosch, is as Mej. Heelal gekroon.
Lees ook: Mej. Heelal-deelnemers loop uit nadat direkteur Mej. Mexico beledig
Bosch het vroeër die maand uitgeloop nadat die Thaise Mej. Heelal-organiseerder, Nawat Isaragrasil, haar voor die ander mededingers uitgetrap het omdat sy nie by ‘n fotogeleentheid was nie. Toe sy beswaar maak oor hoe hy met haar praat, het hy veiligheidspersoneel geroep en gedreig om haar te diskwalifiseer. Sy en verskeie ander deelnemers het by die geleentheid uitgeloop.
Mej. Thailand, Praveenar Singh, het die tweede plek behaal en Mej. Venezuela, Stephany Abasali, is in die derde plek.
Bronne: BBC, FirstPost, Asia One
Lees ook: Mej. Heelal-deelnemers loop uit nadat direkteur Mej. Mexico beledig





