NOORDWES. -Twee verdagtes is Maandag in hegtenis geneem toe die polisie se Valke ‘n R100-miljoen dwelmlaboratorium met dwelms in Makapanstad tot niet gemaak het.
Kol. Katlego Mogale, Valke-woordvoerder, sê in ‘n verklaring inligting is deur die eenheid vir ernstige georganiseerde misdaadondersoeke van die Wes-Kaap opgevolg oor ‘n verdagte wat glo in ‘n ander dwelmverwante saak gevlug het. Die leidrade het hulle na ’n kleinhoewe in Thulwe, noordwes van Maubane, gelei.
Met aankoms het die span ses persone op die perseel aangetref waar Mandrax-tablette glo vervaardig is. Groot hoeveelhede verwerkte tablette en poeier is op die toneel gevind, asook toerusting soos ’n dwelmpers, skale en verpakkingsmateriaal.
Al ses verdagtes is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn op aanklagte van die vervaardiging van dwelms.





