Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ‘n oranje vlak 5-waarskuwing vir donderstorms vir vandag vir KwaZulu-Natal uitgereik. Daar is ‘n moontlikheid van oorstromings, grondverskuiwings, onderbreking van noodsaaklike dienste en vallende klippe.
Lees ook: Reën vir die week voorspel
‘n Geel vlak 2-waarskuwing vir vandag vir donderstorms is vir die Noord-Kaap, Vrystaat, Noord-Wes, Gauteng, Oos-Kaap, Mpumalanga en Limpopo uitgereik. Daar is ‘n moontlikheid van skade aan infrastruktuur, verlies van landbouprodukte, hael, oorstromings en onderbreking van noodsaaklike dienste.
Mense word herinner om die weer dop te hou vir enige verandering.
Bron: SAWD
Lees ook: Reën vir die week voorspel





