In die hangende aanrandingsaak Boshoff vs Boshoff het die verdediging tydens die hofverskyning in die Kuilsrivier-landdroshof uitstel versoek vir nadere besonderhede en verdere ondersoek. Slegs die beskuldigde was tydens die verrigtinge in die hof teenwoordig.
Lees ook: Love, cars and a legal war – Wijnland Auto Museum couple in pre-nup battle:
https://nuusflits.com/love-cars-and-a-legal-war-wijnland-auto-museum-couple-in-pre-nup-battle/
Die bekende Kaapstadse Boshoff-egpaar is tans in ’n regstryd gewikkel om die egtheid van hul voorhuwelikse kontrak te bepaal. In ’n nadraai van die dispuut is ’n aanrandingsklagte intussen teen een van die partye aanhangig gemaak.
Mev. Boshoff se Artikel 43-aansoek, wat aan die einde van 2025 in die Hooggeregshof aangehoor is, is afgekeur. Haar eggenoot, mnr. Boshoff, het in Februarie ’n aanrandingsklagte teen haar ingedien. Mev. Boshoff ontken die aanklag.
Mev. Boshoff is tans op borgtog van R1 000 vrygelaat. Die saak is tot 17 Maart 2026 uitgestel.





