Pa kry opgeskorte vonnis vir aanranding omdat kleuter bed natmaak

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – ’n 24-jarige pa is in die Kakamas-streekhof skuldig bevind en gevonnis, nadat hy sy humeur verloor het en sy kleuter (2) aangerand het toe hy die bed natgemaak het. Die kind het kneusplekke, wonde en swelling opgedoen.

Lt.kol. Thabo Litabe sê die pa het op 30 Desember 2022 die kind in die gesig en oor sy hele lyf geslaan, wat verskeie beserings veroorsaak het. Die voorval is die volgende dag by die plaaslike polisiekantoor aangemeld. Die pa is van aanranding met die opset om ernstig te beseer, aangekla en tot vyf jaar gevangenisstraf, opgeskort vir vyf jaar, gevonnis.

Genl.maj. Monica Sebili, ZF Mgcawu-distrikskommissaris, het sers. Jurie Charld Mokgalagadi van Kakamas-GKS vir die deeglike ondersoekwerk geprys wat tot die skuldigbevinding gelei het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief