Vrou geslaan tot sy val en sterf – man lewenslank tronk toe

Lees ook :

Foto: De Savior TV Facebook-blad

GAUTENG. – Theonette Smith is op 12 Oktboer 2024 tydens die viering van ‘n nuwe werk deur haar man, Peter Johannes Smith (57), geslaan totdat sy neergeval en gesterf het. Die man het haar aanvanklik as vermis aangemeld, maar hy is ná ‘n deeglike ondersoek en inhegtenisneming deur die Pretoria-hooggeregshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Lumka Mahanjana, NVG-woordvoerder, sê die man is boonop vir regsverydeling tot vyf jaar direkte tronkstraf gevonnis, wat gelyktydig met die lewenslange vonnis uitgedien sal word. Die hof het gehoor hoe die egpaar op 12 Oktober 2024 by hul woning alkohol gebruik en ’n nuwe werkgeleentheid gevier het toe ’n argument ontstaan het. Tydens die rusie het die oorledene eers haar man geklap, waarna hy haar herhaaldelik teen die kop geslaan het. Sy het op die vloer geval en gesterf. Smith het haar liggaam daar gelos en gaan slaap.

Die volgende oggend het hy die liggaam in sy motor gelaai en in ’n nabygeleë veld gestort voordat hy by die polisie aangemeld het dat sy vrou vermis is. Terwyl hy besig was om die vermistepersoonsaak te open, het polisie inligting ontvang oor ’n halfnaakte liggaam wat in ’n veld gevind is. Smith het later die liggaam as dié van sy vrou geïdentifiseer. Bloedspore in sy motor en woning het tot sy inhegtenisneming gelei. Smith het op die aanklagte teen hom onskuldig gepleit.

Adv. Vusimuzi Tshabalala, aanklaer van die staat, het sterk getuienis, insluitend dié van ’n patoloog, voorgelê wat Smith se skuld bo redelike twyfel bewys het. Die verdediging het gepleit vir ’n ligter vonnis, met verwysing na sy persoonlike omstandighede en dat hy onder die invloed van alkohol was, maar die staat het aangevoer dat hy geen berou getoon het nie en doelbewus probeer het om die polisie te mislei.

Waarnemende regter Melissa Jordan het met die staat saamgestem en bevind dat Smith ’n vertrouensposisie misbruik het en oor die vermoë beskik het om ernstige skade aan te rig. Die hof het geen wesenlike en dwingende omstandighede gevind om van die minimum vonnis af te wyk nie en het gevolglik lewenslange tronkstraf opgelê.

Die NVG het sy verbintenis herbevestig om geslagsgebaseerde geweld te bekamp en oortreders tot verantwoording te roep en het die vonnis verwelkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

3 Responses

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief