KWAZULU-NATAL. – Vyf vermeende renosterstropers is Saterdagaand in ‘n skietgeveg met die polisie by Hluhluwe dood.
Volgens ‘n polisiewoordvoerder, kol. Robert Netshiunda, het die polisie inligting gekry wat daarop gedui het dat ‘n groep verdagtes op die R618-pad na ‘n wildreservaat op pad was. ‘n Stop- en deursoekingsoperasie is op dié roete geloods. Toe die verdagtes by die padversperring aangekom het, het ‘n skietery losgebreek. Die verdagtes het ‘n jaggeweer met ‘n klankdemper, sowel as twee pistole by hulle gehad het. Geen polisiebeampte in die skietery beseer nie.
Die ondersoek duur voort.





