Brekende Nuus
Afrikaans

Verdagte vir universiteitskietery gearresteer

Foto's: Buffalo City Insider
Foto's: Buffalo City Insider

OOS-KAAP. – Die polisie bevestig dat ’n verdagte man (54) in verband met Dinsdag se skietvoorval by Walter Sisulu Universiteit in hegtenis geneem is.

Die verdagte is Donderdag op Mthatha in hegtenis geneem en is van moord en poging tot moord aangekla. Hy sal op 22 April 2025 in die hof verskyn.

“Hoewel hierdie inhegtenisneming ’n belangrike stap is, bly die ondersoek steeds aktief. Geen verdere besonderhede sal in hierdie stadium bekend gemaak word nie om die integriteit van die saak te beskerm,” het Gantana gesê.

Lees meer oor die insident hier onder:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]