Brekende Nuus
Afrikaans

Toeriste dood nadat olifant hulle by Zambiese nasionale park aanval

Toeriste dood nadat olifant hulle aanval by Zambiese nasionale park

fotokrediet: Canva
Toeriste dood nadat olifant hulle aanval by Zambiese nasionale park fotokrediet: Canva

ZAMBIЁ. – Twee bejaarde vroulike toeriste, een Brit en een Nieu-Seelander, is gister dood nadat hulle tydens ’n stapsafari in Zambië deur ’n olifant aangeval is.

Lees ook: Vier mense dood, verskeie beseer in skietery buite nagklub in VSA

Easton Janet Taylor (68) van die VK en Alison Jean Taylor (67) van Nieu-Seeland is dood nadat hulle deur ’n olifantkoei bestorm is wat saam met haar kalfie was.

Safarigidse het op die olifant geskiet en haar gewond om die aanval te probeer stuit, maar die pogings het misluk. Albei vrouens is op die toneel oorlede.

Bronne: The Independent, Metro, The Mirror

Lees ook: Vier mense dood, verskeie beseer in skietery buite nagklub in VSA