Brekende Nuus
Afrikaans

President gaan land oor nasionale veiligheid toespreek

Foto: Op lêer
Foto: Op lêer

NASIONAAL. – President Cyril Ramaphosa sal volgens die presidensie die land Sondag om 19:00 toespreek. Die toespraak sal nasionale veiligheidsontwikkelings behels wat voortspruit uit ’n openbare verklaring deur lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris.

Genl. Mkhwanazi het Sondag 6 Julie, terwyl die president die Brics-beraad in Brasilië bygewoon het, tydens ’n mediakonferensie verskeie aantygings teen senior politieke en polisieleiers gemaak. Die president het onderneem om ná sy terugkeer uit Brasilië die saak aan te spreek, gegewe die implikasies daarvan vir nasionale veiligheid, .

President Ramaphosa het die afgelope paar dae aandag aan die aangeleentheid gegee en sal ná verskeie konsultasies die land Sondag toespreek.

Die toespraak sal op verskeie uitsaaiplatforms uitgesaai en gestroom word.

Lees ook meer hier onder:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]