Brekende Nuus
Afrikaans

Oekraïne en Rusland begin weer môre met skietstilstandsamesprekings – Zelenski

Oekraïne en Rusland begin weer môre met skietstilstandsamesprekings – Zelenski

fotokrediet: X
Oekraïne en Rusland begin weer môre met skietstilstandsamesprekings – Zelenski fotokrediet: X

Die Oekraïense president Wolodomir Zelenski het gister gesê Rusland en Oekraïne sal môre ’n nuwe rondte skietstilstandsamesprekings in Istanboel begin.

Lees ook: Donald Trump gaan nog wapens vir Oekraïne beskikbaar maak

Volgens Zelenski het hy “die voorbereiding vir ’n uitruiling van gevangenes en ontmoeting met die Russe in Turkye met die Oekraïense sekuriteitsraadhoof Rustem Umerov bespreek”.

Zelenski het verder gesê Uremov het bevestig die samesprekings is vir môre geskeduleer.

Zelenski het oor die naweek nuwe samesprekings voorgestel nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, Rusland met “swaar” sanksies gedreig het as ’n skietstilstand nie binne 60 dae bereik word nie. Trump het ook gesê dit sal wapens aan Oekraïne voorsien.

Bronne: BBC, The Independent, The Straits Times

Lees ook: Donald Trump gaan nog wapens vir Oekraïne beskikbaar maak