MUMBAI, INDIË, – Krystyna Pyszková (23) van die Tsjeggiese Republiek is gisteraand as die nuwe Mejuffrou Wêreld in Mumbai gekroon.
Deelnemers van 115 lande het om die kroon meegeding. Pyszková studeer regte en is ’n model. Sy het tydens haar antwoordsessies op die verhoog veral op “die geskenk van vrou-wees” gefokus.
Die naaswenner is Yasmina Zeytoun van Libanon. Karolina Bielawska van Poland wat in 2022 as Mejuffrou Wêreld aangewys is, het die kroning behartig.
Die kompetisie is vanjaar die 71ste maal aangebied. Dit is as gevolg van skeduleringsprobleme nie in 2023 plaasgevind nie.
Bronne: Miss World, CNN, Hindustan Times
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: