Brekende Nuus
Afrikaans

Jong man se rit met tante se voertuig kortgeknip

'n Jong man se plesierrit met sy tante se voertuig is Vydagaand deur reaksiebeamptes kortgeknip.

Foto: Reaction Unit South Africa
Foto: Reaction Unit South Africa

WATERLOO, KWAZULU-NATAL. – ‘n Jong man (19) se plesierrit met sy tante se voertuig is Vrydagaand deur reaksiebeamptes kortgeknip.

Volgens Reaction Unit South Africa is hulle hulp gevra deur die tante van die jong man wat glo met haar silwerkleurige Toyota Etios van haar eiendom in Hambanathi weggejaag het. Sy het probeer om haar motor op haar selfoon na te spoor.

Die motor het op die R102 in die rigting van Canelands gery. Reaksiebeamptes het kort daarna die motor in Lilystraat Verulam opgespoor. Die jong man het verduidelik hy het vir vriende gaan kuier.

Die tante het nie ‘n kriminele saak oopgemaak nie en die voertuig is aan haar terugbesorg.