Brekende Nuus
Afrikaans

KYK: Liam Black nuwe verhoognaam van Jo Black se susterskind

Jo Black se suserskind het sy nuwe verhoognaam as Liam Black bekendgestel noudat sy oom voel hy staan sy eie skoene in die bedryf vol.

Foto: Lliam Meredith Facebook blad
Foto: Lliam Meredith Facebook blad

Jo Black, oftwel Jo Engelbrecht, het saam met Lliam Meredith, sy susterskind, aangekondig Lliam se verhoognaam sal van nou Liam Black wees.

Engelbrecht sê tydens ‘n video-oproep tussen hom en Meredith hy het hom doelbewus nie die laaste drie jaar bemark nie, omdat hy wou hê hy moes op sy eie voete staan en naam maak.

Die trotse oom is van mening sy susterskind het dit wel gedoen en verdien sy sukses.

Die bekendstelling is op 15 Maart gemaak: “Hierdie is ‘n nuwe begin vir my en ek weet met die Here aan my kant en almal se support gaan ek ek die legacy hoog hou @joblack8.”

Liam Black het reeds onder sy nuwe verhoognaam opgetree.

#joblack#liamblack#nuwemusiek#viralafrikaans#afrikaans