Brekende Nuus
Afrikaans

KYK: Man van motor se dak uit water gered

'n Man wat in Beaconsfield op sy motor se dak deur water vasgekeer was, is deur 'n weldoener gered wat hom uitgedra het.

Foto: Skermgreep van video Velile Hesi
Foto: Skermgreep van video Velile Hesi

NOORD-KAAP. – Die man in die video van Velile Hesi, gister gedeel, waar hy in Beaconsfield in Kimberley in ‘n duikweg bo-op sy motor se dak sit, is deur ‘n weldoener gered.

In die boonste video kan gesien word hoe ‘n weldoener deur die water tot by die motor beweeg en dan die vasgekeerde man van die dak af tel en tot in veiligheid dra.

Agnes Molema het in kommentaar op die plasing op Sol Plaatjie Community Forum gespot en gesê die man wat vir hulp gewag het, is dan langer as sy weldoener.

Bron: Veli Hesi-video’s en Sol Plaatjie Community Forum