Brekende Nuus
Afrikaans

Ontsnapte gevangenes gesoek

Drie gevangenes het gister op pad van 'n hof na die tronk uit 'n opruktrok ontsnap.

Drie verdagtes ontsnap uit opruktrok
Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – Drie gevangenes het Vrydagmiddag uit ‘n polisie-opruktrok op die R102 naby Phoenix in Ottawa, ontsnap.

Reaction Unit South Africa het saam met die SAPD na die ontsnaptes gesoek.

Die voertuig waarmee die ontsnaptes deur die polisie van die Verulam-landdroshof na Westville-tronk vervoer is, is oopforseer, waarna die drie gevangenes die bosse ingevlug het.

Dit is onseker waarvoor die verdagtes in die hof verskyn het.

Na ‘n soektog is die drie steeds op vrye voet.

Nuusflits het vir polisiekommentaar gevra.

Bron: Reaction Unit South Africa