NOORD-KAAP. – Ruwaiden Whitlow (16) van Buffelsrivier naby Kommagas is sedert Maandag 18 September 2023 vermis.
Lt.kol. Sergio Kock sê die polisie se GKS-eenheid op Springbok vra die gemeenskap se hulp om die verstandelik gestremde seun op te spoor.
Hy was op ‘n plaas naby Kommagas gesien, maar het weggehardloop toe die polisie ontbied is.
Whitlow was in ‘n wit baadjie, blou sweetpakbroek en plakkies geklee.
Enigiemand wat weet waar hy hom bevind, kan kapt. Love by 082 874 4532 bel.
Bron: SAPD
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: