Brekende Nuus
Afrikaans

Jong rugbyspeler verlam nadat hy nek op twee plekke breek

Williams het ernstige nek- en ruggraatbesering tydens 'n rugbywedstryd opgedoen, waarna dokters gesê het hy het sy nek op twee plekke gebreek en is nou verlam.

Anwil Williams
Foto; Sekondêre Skool Humansdorp

OOS-KAAP. – Anzil Williams (16), ‘n gr. 11-leerling van die Sekondêre Skool Humansdorp het Saterdag in Knysna, by die sewesrugby sy nek tydens ‘n wedstryd teen Rheenendal Boys se onder 16-span op twee plekke gebreek. Hy het ernstige nek- en ruggraatbeserings opgedoen.

Die skool het in ‘n plasing op sosiale media gebed vir die leerder gevra na dokters vir sy familie gesê het hy is van die nek af ondertoe verlam.

Paramedici het Williams op die veld behandel voordat hy vir verdere mediese behandeling saam met sy afrigter per ambulans van Knysna na George geneem is en daarna na Kaapstad waar hy tans in ‘n hospitaal is.

Bronne: Sekondêre Skool Humansdorp en Titans Rugby Academy