Brekende Nuus
Afrikaans

Mansstudent sterf op kampus

Die student was deel van feesvieringe waar alkohol glo gebruik was.

Student dood gevind in kampusblyplek
Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Mansstudent (19) aan die Universiteit van die Vrystaat is Sondag deur mede-studente in die Steve Biko-studentewoning op die Qwaqwa-kampus dood gevind nadat hy Saterdag deel was van die universiteit se 20ste bestaansjaarvieringe.

AO Mmako Phophiring sê die student was glo Saterdag omstreeks 23:30 vir die laaste keer deur medestudente gesien waar hulle deel van feesvieringe was en daar na bewering alkohol gebruik is.

Nadat die oorledene Sondag ontdek is, is die sekuriteit en polisie ontbied. Die student is op die toneel dood verklaar.

‘n Geregtelike doodsondersoek is deur Phuthaditjhaba-polisie geopen, waarna ‘n nadoodse ondersoek sal plaasvind om die oorsaak van sy dood te bepaal.

Bron: SAPD