Brekende Nuus
Afrikaans

Skietstilstand moontlik tussen Israel en Hamas om gyselaars te bevry

As ’n ooreenkoms bereik kan word, sal meer hulp na Gaza deur die omringende lande gestuur kan word. Die praatjies is steeds aan die gang.

Israel-Hamas skietstilstand moontlik om gyselaars te bevry
Israel-Hamas skietstilstand moontlik om gyselaars te bevry fotokrediet: Canva

Lees ook: KYK: Hamas-wapenhoof dood in Israelse lugaanval

GAZA. – Daar is glo gesprekke om ’n drie dag skietstilstand te reël om die gyselaars wat op 7 Oktober deur Hamas ontvoer is, vry te laat.

As ’n ooreenkoms bereik kan word, sal meer hulp deur omringende lande na Gaza gestuur kan word. Die onderhandelinge is steeds aan die gang.

Die WGO het gesê inwoners in Gaza sukkel met aansteeklike siektes soos diarree, skurfte (scabies) en waterpokkies by gebrek aan skoon water of mediese fasiliteite.

Die VN-menseregtehof het Hamas en Israel albei van oorlogsmisdade beskuldig.

Bronne: The Guardian, I news, Daily Mail

Lees ook: KYK: Hamas-wapenhoof dood in Israelse lugaanval