Brekende Nuus
Afrikaans

Hannes Strydom lid van Springbok -wêreldkampioene in 1995 sterf

Hannes Strydom wat deel van die Springbok-span was wat wêreldkampioene in 1995 was, sterf.

Hannes Strydom
Foto's: SupaRugby en Anton Dekker

Hannes Strydom (58), voormalige Springbok-slot en lid van die span wat die Wêreldbeker-rugbytoernooi in 1995 gewen het, is gisteraand in ‘n motorongeluk oorlede.

‘n Sosialemediaplasing van SupaRugby lui Strydom was onlangs weens beweerde bedrog by sy reeks apteke, Pharma Valu, in Pretoria en Johannesburg, in die nuus.

Strydom het as Springbok in 21 toetse vir Suid-Afrika uitgedraf. Hy het ook vir Transvaal, Noord-Transvaal en die OP rugby gespeel.

Bron: SupaRugby