Brekende Nuus
Afrikaans

Jong man ernstig deur dwaalkoeël beseer

Die jong man is deur 'n dwaalkoeël getref toe hy 'n hek wou toemaak.

Jong man ernstig beseer toe dwaalkoeël hom tref
Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – ‘n Jong man (21) is Dinsdagaand in Emona ernstig beseer toe ‘n dwaalkoeël hom getref het.

Reaction Unit South Africa sê die familie van die jong man het hom na die Tongaat-kliniek toe geneem en het vir hulp gebel.

Met aankoms op die toneel het reaksiebeamptes vasgestel die jong man was na bewering op die punt om die hek in die oprit van die erf toe te maak toe hy deur die dwaalkoeël getref is.

As gevolg van ‘n storm in die gebied en daar nie elektrisiteit was nie, kon nie vasgestel word waar die skoot afgevuur is nie.

Die slagoffer is gestabiliseer voordat hy na ‘n hospitaal vervoer is.

Bron: Reaction Unit South Africa