Barbie-poppe het oor die jare ontwikkel en al kry mens al vir ‘n geruime tyd die soort poppe wat swanger is, kan hulle ook nou borsvoed.
Waarom sal iemand so ‘n pop maak? Sal jy so ‘n pop vir jou kind koop?
Nadat mense teen Betty Strachan (28), ‘n ma van Australië en huisvrou, gediskrimineer het omdat sy haar kind in die openbaar geborsvoed het, het sy besluit om ‘n Barbie-pop te maak wat borsvoed. Sy reken op dié manier kan sy wys dit is normaal en deel van ‘n vrou se lewe.
“Dit is ‘n natuurlike en normale ding om te doen. Daar is geen ander manier om dit te stel nie. Vroue het die wonderlike geskenk gekry om kinders te kan dra en te kan voed. Ek voel om daaroor skaam te wees, is net verkeerd,” vertel Strachan aan People van haar pogings om borsvoeding te normaliseer.
Die ma en poppemaker vertel verder sy het foto’s van die Barbie-poppe en hulle babas op die internet gesit en verskeie ma’s het haar gekontak omdat hulle van die poppe wou hê. Sedertdien het sy meer van hulle begin maak en verkoop.
LEES OOK: Foto van hartseer restaurantbestuurder op sosiale media gedeel
Hou Nuusflits dop vir die nuutste nuus.
Nuusflits het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.