Brekende Nuus
Afrikaans

Heathrow funksioneer weer byna normaal ná chaos

Foto: Canva

LONDEN. – Heathrow-lughawe funksioneer weer feitlik normaal ná dit die afgelope paar dae weens ‘n ernstige lugverkeersbeheer-storing in Brittanje meer as 2 000 vlugte moes kanselleer.

Volgens CNN was die probleem by NATS (National Air Traffic Services), Brittanje se lugverkeersbeheerdiens. Dit het sowat 15 Britse lughawens beïnvloed, met Heathrow wat die swaarste getref is. Vliegtuie is na ander lughawens herlei, en vliegtuie én bemannings was gevolglik op die verkeerde plekke. Dit is waarom die probleem voortgeduur het nadat die tegniese fout self herstel is. NATS het beklemtoon dit was nie ‘n kuberaanval nie en dat veiligheid nie in gevaar was nie.

Chaotiese tonele het hulle op Heathrow afgespeel – passasiers het ure op vliegtuie gewag en sommige moes die nag op die terminale se vloere deurgebring.

Alhoewel vlugte vandag (10 September) hervat is, kan vlugte kan steeds vertraag of gekanselleer word, is lugrederye nog besig om vliegtuie en bemannings terug te plaas waar hulle moet wees en moet van die bagasie en passasiers wat gestrand was, nog deur die stelsel beweeg.

Bronne: CNN, The Independent