Brekende Nuus
Afrikaans

Aanhangers geskok oor baba wat op vloer lê by Taylor Swift-konsert

Aanhangers geskok oor baba wat op vloer lê by Taylor Swift-konsert

fotokrediet: X
Aanhangers geskok oor baba wat op vloer lê by Taylor Swift-konsert fotokrediet: X

Lees ook: Taylor Swift maak geskiedenis by Grammy’s

PARYS, FRANKRYK. – Taylor Swift-aanhangers was geskok na ‘n baba by haar konsert in Parys op die vloer tussen die skare gesien is.

Een van die aanhangers het ‘n foto op X geplaas van ‘n baba wat op ‘n kombers lê op die stadion se vloer met oorbeskermers op die ore. Die aanhanger het met die foto gesê: “Kry jou baba van die vloer af en gaan huis toe”.

Sy het toe ‘n foto geplaas van hoe vol die ingang van die arena was en daarby geskryf: “Het hulle hulle koppe verloor! Aaklige ouers”.

Verskeie ander mense het die ouers gekritiseer oor die feit dat hulle die baba op die vuil vloer in ‘n gebied met so baie mense laat lê het.

Bronne: Indy 100, Metro, Unilad, X

Lees ook: Taylor Swift maak geskiedenis by Grammy’s