SANTORINI. – ’n Aardbewing met ‘n sterkte van 4.8 het Santorini Dinsdag getref. Die Instituut van Geodinamika in Athene het gesê sowat 14 aardbewings groter as 4 op die Richterskaal is Dinsdag aangeteken.
Lees ook: Nog ’n aardbewing tref Griekse eiland
’n Noodtoestand is vir die eiland tot 3 Maart afgekondig, met sowat 12 000 inwoners wat ontruim is.
Sedert 26 Januarie is meer as 12 800 skokke in die omgewing gemeet. Nog geen beserings of dood is aangemeld nie, asook geen skade aan geboue nie.
Bronne: USA Today, CBS News, Irish Mirror
Lees ook: Nog ’n aardbewing tref Griekse eiland





