Adjudant-offisier presteer tot advokaat in die hooggeregshof

Lees ook :

Kimberley – A.o. Blessing Tselane, ’n beampte van die Kimberley-polisie, is op Vrydag 16 Augustus in die hooggeregshof as advokaat toegelaat.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder vir die polisie, het gesê Tselane, wat by menslikehulpbronne gestasioneer was, se prestasie is ’n resultaat van jare se pligsgetroue regsstudies.

Luidens Kock het Tselane gesê dit is sy werk by die polisie wat dit vir hom moontlik gemaak het om sy LLB-regsgraad te kon verower. 

“Die regskenner het sy magister en is nou in die proses om sy LLD-graad te kry,” het Kock gesê.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief