Polisie kry nuwe verskaffer van verkragtingstelle

Lees ook :

PRETORIA – Die Suid-Afrikaanse polisiediens het Vrydag ’n kontrak met ’n nuwe verskaffer geteken om die polisie van 13 verskillende tipe forensiese stelle te voorsien.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die nasionale kommissaris, sê die kontrak met die vorige verskaffer is in 2017 gestaak nadat bewerings van korrupsie tussen sekere polisiebeamptes en die verskaffer aan die lig gekom het.

Dit kom nadat ’n tekort aan verkragtingstelle volgens genl. Bheke Cele, minister van polisie, byna ’n katastrofe veroorsaak het.

Cele het gesê: “Ons het die noodsaak verstaan en het dit blitsvinnig reggestel. Ons sal vorentoe verseker dat dit nie weer gebeur nie.”

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, sê ’n tussentydse plan is ingestel om voortaan dienslewering aan die publiek te bied, terwyl die nuwe verskaffer aangestel is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief