Alison Botha, wat weens ‘n brein-aneurisme in die hospitaal is, het reeds die pad na herstel aangepak en het ‘n boodskap uit haar hospitaalbed op sosiale media geplaas. Terwyl sy oor haar hare die spot dryf, sê sy haar sig het verbeter en sy kan haar regterarm gebruik.
Alison kan egter nie self regop sit, staan of loop nie.
“Hi this is Alison.
It’s been a while
After a month, I am able to personally update you on my recovery this far.
I am still in hospital and starting the long journey of rehabilitation. I have been assessed by the doctors and physio therapists and have been informed that I can soon be transferred to a specialist rehabilitation centre, because of the generosity of so many selfless people. Thank you.
I can use my right arm, but unfortunately cannot sit up independently, stand or walk.
At least my sight has improved! My only brother Neale has been reduced from 9 to 3 versions of him.
I hope you approve of my new haircut, courtesy of Neale and my legal people Hannelie and Tania (I think they should stick to their day jobs). You can all vote on that later.
I am still a bit shocked. I am still nervous, and still worried about the journey ahead, but I am a fighter as so many of you have reminded me. I have been through worse, and very determined to make a full recovery.
I am thinking about you all and ask you to continue keeping me in your thoughts.
Love Alison ![]()
Botha is ook onlangs na ‘n kleiner hospitaal oorgeplaas, in wat as nog ‘n mylpaal vir haar bestempel is.
“Soos baie van ons al voorspel en geglo het, lyk dit of Alison nog nie klaar is met haar wonderwerke nie. Die laaste paar dae het sy met krag en baie hart gekommunikeer ten spyte daarvan dat sy nie kon mobiliseer nie,” sê ‘n ondersteuner op haar Facebook-blad.
In ‘n verdere plasing op sosiale media is gesê dit sou nie sonder mense wat ingetree het moontlik gewees het nie: “Ons het die beste gesien in diegene rondom haar, vreemdelinge en bekendes, persoonlik en publiek en hoe hulle na vore gekom het en doen wat hulle kan met wat hulle het, hetsy finansieel of emosioneel. Dit alles het sy rol gespeel en sal voortgaan om dit te doen, in die komende dae, weke, maande en jare.”
Alhoewel daar nog ‘n lang pad na herstel vir Alison voorlê, is gesê die presiese omvang van die vlak van rehabiitasie moet nog vasgestel word.





