Lees ook: Verskeie weerwaarskuwings uitgereik vir vandag
Die bekende skrywer, Annelie Botes, is vanmiddag in die ouderdom van 67 na ‘n lang stryd met haar gesondheid oorlede. Sy sal veral onthou word vir boeke soos Raaiselkind, Thula-thula, Katvis en vele meer.
Annelie was ook ‘n gereelde en geliefde rubriekskrywer. Sy laat haar man en twee volwasse kinders agter.
Bronne: Facebook





