Lees ook: Agt mense dood in voertuigongeluk in KZN
QUEENSLAND, AUSTRALIË. – ’n Australiese vrou veg om haar lewe in ‘n hospitaal na haar arm deur haar eie hond afgebyt is.
Die vrou (34) se regterarm is onder die elmboog deur haar hond afgebyt. Paramedici kon die deel wat afgebyt is kry voor sy na ‘n hospitaal toe gehaas is.
Die polisie het die hond, ’n pitbull, op die toneel doodgeskiet. Twee van die vrou se bure het aan die plaaslike media gesê die hond was baie aggressief en het hulle ook al aangeval.
Bronne: BBC, Sky News, ABC News
Lees ook: Agt mense dood in voertuigongeluk in KZN





