WES-KAAP. – Christoffel Johannes Stoman (70) wat glo op 20 September oor Khwezi Jantjies (6) gery het, se appèl vir sy borgaansoek is van die hand gewys. Hy word van poging tot moord en roekelose en nalatige bestuur aangekla.
Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, sê Stoman het op 5 November in die Lutzville-landdroshof op nuwe feite vir borg aansoek gedoen, maar sy borg is dieselfde dag geweier. Stoman het daarna in die hooggeregshof appèl aangeteken. Die aansoek is op 6 Desember van die hand gewys.
Ntabazalila sê die aangeleentheid is vir verdere ondersoek tot 12 Desember uitgestel. Die staat het Donderdag aangedui die ondersoek is voltooi en het uitstel vir ‘n streekhofdatum gevra. Die verdediging het nie beswaar gemaak nie. Die saak is tot 13 Januarie 2025 uitgestel.
Stoman bly in aanhouding.
Lees meer oor die saak hier onder:





