KWAZULU-NATAL. – ‘n Man, vermoedelik in sy 30’s, is Donderdag net na 23:00 in ‘n enkelvoertuigongeluk in Kenyon Howdenstraat in Montclair oorlede. Die bestuurder het glo beheer oor die voertuig verloor, waarna dit verskeie kere gerol en teen ‘n boom vasgery het.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê ‘n noodlottig beseerde bestuurder is in die voertuig vasgekeer. op die toneel aangetref. Paramedici het hom dood verklaar.
Ethekweni-brandweer het reddingskake gebruik om die liggaam te bevry voordat dit aan die polisie en patologiese dienste oorhandig is.
Omstandighede van die ongeluk is onbekend, maar die polisie was op die toneel teenwoordig en stel ondersoek in.





