Boer skuld Eskom R1,5 m.

Lees ook :

Boer skuld Eskom R1,5 m. Foto ter illustrasie: Canva

BLOEMFONTEIN, VRYSTAAT. – Jan Albert van der Merwe (46) is Vrydag in die Bloemfontein-landdroshof skuldig bevind op 17 aanklagte van oortreding van die wet op skade aan en vernietiging van noodsaaklike infrastruktuur.

Van der Merwe het tussen 2017 en 2019 op sy plaas met ’n elektrisiteitsboks gepeuter. Volgens lt.kol. Zweli Mohobeleli het hy dit gedoen om sy elektrisiteitsrekening te systap of minder te maak. Gevolglik het Eskom R1,9 m. se skade gely.

Die hof het Van der Merwe Vrydag beveel om dadelik R50 000 te betaal. Hy het ook ’n vyf jaar opgeskorte vonnis vir diefstal ontvang. Verder is hy beveel om teen 10 Maart R1,5 m. aan Eskom te betaal.  

Brig. Sophie Hange van die Valke het gewaarsku dat enigiemand wat met noodsaaklike infrastruktuur peuter, vervolg sal word.

Bron: SAPD

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief