Boeta – Episode 23. Geskryf deur Eric R Kok

Lees ook :

“Boeta Abrahams jy beter vandag vir my die waarheid vertel.”

Boeta skrik.

Wat praat sy ma dan nou. Het sy uitgevind van die inbraak by Oom Stoffel. Hoe? By wie??

Boeta keel voel droog. Die kyk wat sy ma vir hom gee is dodelik.

“Hoe bedoel ma nou?”

“Moenie vir my kom hoe bedoel ma nou nie. Praat!”

Boeta kyk na die oop deur. Miskien moet hy weghardloop.

Al hardloop hy weg wantoe sal dit wees. Waar sal hy homself kan wegsteek. 

Boeta kyk weer in sy ma se vurige oë. Sy kyk hom aan asof hy iets vuil is. 

“Ek…” begin Boeta maar Titus val hom in die rede. 

“Jy moet jou woorde baie mooi kies want ek soek die waarheid!”

Boeta probeer dink. Dalk kan hy homself los lieg daar is tog nie ‘n manier dat iemand hulle kon gesien het nie. 

“Ek is sorry ma…Ek het nie bedoel om…”

“Jy is sorry. Jy het vir gelieg. Nadat Ek so mooi vir Mr Nel gevra het om vir jou ‘n werkie te gee…” 

Boeta se oë rek. 

“Ek besluit om nog vir my kind lunch tyd iets te vat net om uit te vind daar het nog nooit ‘n Boeta Abrahams gewerk nie…” 

Boeta wil iets sê. 

“Sharrup Ek praat nog. So vertel die Manager my daar is nog ‘n computer shop by die ander mall en ek klim weer ‘n taxi net om daar te kom en te hoor daar werk ook nie ‘n Boeta nie…” 

Titus vou haar arms. 

“Nou moet jy nou vir my sê. As jy nie by die computer shop werk nie en jy werk ook nie by Mr Nel se shop nie. Waar werk jy Boeta?” 

Op dieselfde tyd is Boeta verlig dat sy ma eerder uitgevind het van sy werk maar wat gaan hy haar nou vertel. 

“Wat my nog meer om krap is waar kry jy al daai geld van nou die dag?” 

Die vraag is ‘n doodskoot vir Boeta. Daar is geen manier dat hy homself nou uit die hoek kan kry nie. 

Boeta kyk weer deur se kant toe. 

“Waar kry jy die geld boeta!?” 

“Ek het ‘n werk…” probeer Boeta verduidelik. 

“Watse werk?” 

“Is meer soos ‘n piece job…”

“Eers ‘n computer plek nou is dit ‘n piece job. Boeta moenie vir my kom staan en lieg nie man!”

Boeta wil so graag eerder net vir sy ma die waarheid vertel maar hy kan nie. 

Titus skud haar kop. 

“Jy is net soos daai good for nothing pa van jou!” 

Titus draai na die kombuis kas en haal ‘n klomp swart plastiek sake uit. Sy gluur hom aan en stap vinnig weg reguit na Boeta se kamer. 

Boeta begin paniek en wonder wat sy ma gaan doen. Hy staan op en agtervolg haar. In die kamer is sy besig om sy klere uit die hangkas te haal. Sy haal sy hemde en broeke van die hangers af en druk dit in die swart sake. 

“Wat maak ma nou?!!” 

Titus gee vir Boeta ‘n kwaai kyk. 

“Onder my dak bly nie criminals nie!” 

Sy draai om en trek die twee swart sake agter haar aan. 

Boeta probeer keer. 

“Gooi ma my nou uit die huis uit?” 

“Ek gaan nie weer jou geliegtery vat nie. Jys veronderstel om ‘n rolmodel vir jou boetie te wees!!”

Boeta gryp sy ma se arm. 

“Ma kan my mos nie uitgooi nie…” 

Titus ruk haarself los uit sy greep en stap vinnig deur toe. 

“Uit my huis uit!” 

Boeta volg sy ma buitentoe. Van die bure staan en kyk hoe hulle stry. 

Brendan wat langsaan gespeel het kom in by die jaard en lyk baie ontsteld. 

“Mammie hoekom baklei julle?” 

Titus antwoord nie en gooi die swart sake uit by die hek. Sy draai na Boeta. 

“Kry jou goed en gaan en jy kom nie terug voordat jy jou lewe om gedraai het nie.”

Boeta staan oop mond. Meer mense kom kyk wat gaan aan. 

“Maar ma…”

“Nie maar ma nie. Ek sê trap Boeta!” 

Titus vou haar arms. Sy is woedend. 

Titus het uitgevind oor Boeta se leuens en het besluit om hom uit te sit. Wantoe nou vir Boeta. 

Word Vervolg.

Kopiereg © 2019 deur Eric Kok. Teks: Eric Kok. Alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie publikasie [teks, illustrasies, mag op enige manier voortgebring word sonder die uitdruklike geskrewe toestemming van die eienaar van Roodepan Stories, Eric Kok, nie.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App