VK. – Die Britse rolstoelbasketbalspeler Lee Fryer (26), wat by die Paralimpiese Spele in Parys ‘n silwer medalje gewen het, het Donderdag 19 November in die Leeds-kroonhof onskuldig gepleit op 11 aanklagte van verkragting. Die aanklagte hou verband met beweerde voorvalle tussen Mei 2021 en Mei 2026 in Engeland, Spanje en Suid-Afrika en betrek dieselfde klaagster.
Volgens ITV News sê die Britse vervolgingsdiens dat Fryer op 17 aanklagte teregstaan. Die ander aanklagte sluit opsetlike verwurging, aanranding wat liggaamlike besering veroorsaak het, beherende of dwingende gedrag, die besit van kokaïen en ’n poging om die regsproses te verydel in. Fryer het op 16 aanklagte onskuldig gepleit en het nog nie op die aanklag van voyeurisme gepleit nie. Hy bly in aanhouding. Sy verhoor sal na verwagting op 22 Maart 2027 in Leeds begin.
British Wheelchair Basketball het Fryer ná sy inhegtenisneming in Julie uit die Britse nasionale program en alle bedrywighede van die organisasie verwyder, hangende die uitslag van ’n eksterne ondersoek. ParalympicsGB sê Fryer het sy debuut in Parys gemaak waar hy die silwer medalje in ‘n 73–69-nederlaag teen die VSA gewen het.
Bronne: ITV News, The Independent, ParalympicsGB, British Wheelchair Basketball