Brekende Nuus
Nuus

3 gesoekte verdagtes in skietery met polisie in Inanda dood

Foto: Ter illustrasie

KWAZULU-NATAL. – Drie verdagtes wat in verband met ’n reeks gewelddadige misdade in Phoenix en Inanda gesoek is, is vroeër vandag (Woensdag) tydens ’n skietery met die polisie by ’n woning in Ezimangweni, Amaoti, in Inanda doodgeskiet.

Kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, sê die drie het vroeër vanoggend verskeie skote op ’n polisiepatrollievoertuig in Inanda geskeit en gevlug. Alhoewel die voertuig beskadig is, het die polisiebeamptes ongedeerd daarvan afgekom. Die polisie het ’n soektog begin en die verdagtes by die woning in Amaoti opgespoor, waar die skietery uitgebreek het.

Die polisie het twee vuurwapens by die verdagtes gevind. Ballistiese toetse sal gedoen word om vas te stel of die wapens met ander misdade verbind kan word.