Busongeluk in Uganda eis meer as 40 lewens

Lees ook :

Meer as 40 mense dood in ongeluk in Uganda fotokrediet: X

UGANDA. – Altesaam 45 mense is oorlede – en die dodetal kan nog styg – nadat verskeie voertuie vanoggend in ‘n ongeluk in Uganda betrokke was.

Lees ook: Verskeie mense dood toe brandstoftenkwa in Nigerië ontplof

Die ongeluk het plaasgevind toe twee busse wat in teenoorgestelde rigtings op pad was reg van voor teen mekaar gebots het terwyl hulle twee ander voertuie op die Kampala Gulu-hoofweg wou verbysteek.

Een van die busse het probeer uitswaai om die ongeluk te vermy, maar het ‘n kop-aan-kop- en sy-botsing veroorsaak wat tot ‘n kettingreaksie gelei het waarin ander voertuie beheer verloor het en gerol het.

‘n Ondersoek aangaande die ongeluk is begin.

Bronne: BBC, The Star, CBS News

Lees ook: Verskeie mense dood toe brandstoftenkwa in Nigerië ontplof

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief