Dagga van R800 000 gekonfiskeer

Lees ook :

Foto: SAPD

OOS-KAAP. – Tellebridge-polisie en lede van grensbestuur onder die departement van binnelandse sake het Sondagaand op dagga ter waarde van R800 000 beslag gelê. Twee verdagtes is in hegtenis geneem.

Lt.kol. Siphokazi Mawisa sê polisielede het langs die rivier in Tellebridge patrollie gedoen waar Suid-Afrika en Lesotho van mekaar geskei word. ‘n Verdagte voertuig is opgemerk. Met ondersoek is twee verdagtes van Butterworth, 52 en 62 jaar, gevind wat glo besig was om twaalf sakke dagga in die voertuig te laai. Hulle is dadelik in hegtenis geneem en vir die besit van dagga aangekla.

Die verdagtes het Maandag in die Sterkspruit-landdroshof verskyn en is op R800 elk borg vrygelaat.

Die saak is tot 19 Julie uitgestel.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App